Oxford English Dictionary

Volumes van die Tweede Uitgawe van die Oxford English Dictionary

Die Oxford English Dictionary (OED) is die vernaamste geskiedkundige woordeboek van Engels en word deur Oxford University Press (OUP) uitgegee. Dit dokumenteer die historiese ontwikkeling van Engels, dien as 'n omvattende hulpbron vir geleerdes en akademiese navorsers, en beskryf die gebruik van Engels in sy verskeie vorme in verskillende dele van die wêreld. Die tweede uitgawe is in 1989 uitgegee en beslaan 21 728 bladsye in 20 volumes. Dit spoor die historiese ontwikkeling van die Engelse taal na, wat 'n omvattende hulpbron aan geleerdes en akademiese navorsers bied, asook die gebruik in sy vele variasies regoor die wêreld.

Daar is in 1857 begin met werk aan die woordeboek, maar dit is eers in 1884 in ongebonde skrifdele gepubliseer, terwyl die werk voortgesit word onder die naam A New English Dictionary on Historical Principles; Founded Mainly on the Materials Collected by The Philological Society. In 1895 word die titel The Oxford English Dictionary die eerste keer nie-amptelik op die titelblad van die reeks gebruik, en in 1928 word die volledige woordeboek in tien gebinde bundels gepubliseer. In 1933 vervang die titel The Oxford English Dictionary die vorige naam volledig in sy herdruk as twaalf volumes met 'n bylaag in een volume. Meer aanvullings het oor die jare gevolg tot 1989, toe die tweede uitgawe gepubliseer is, wat toe bestaan het uit 21 728 bladsye in 20 volumes. Sedert 2000 is 'n derde uitgawe van die woordeboek opgestel, waarvan ongeveer die helfte teen 2018 voltooi was.

Die eerste elektroniese weergawe van die woordeboek is in 1988 beskikbaar gestel. Die aanlyn-weergawe is sedert 2000 beskikbaar en ontvang vanaf April 2014 meer as twee miljoen besoeke per maand. Die derde uitgawe van die woordeboek sal waarskynlik slegs in elektroniese vorm verskyn; die uitvoerende hoof van Oxford University Press het gesê dat dit onwaarskynlik is dat dit ooit gedruk sal word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search